Die storie gaan oor Tienie, ’n trein wat motors tussen Kimberley en Bloemfontein vervoer. Maar Tienie het ‘n droom – hy wil ’n ruimteskip word wat van planeet tot planeet reis. Hy vra twee lokomotiewe en twee treinwaens vir raad en elkeen (buiten Loekie) het ’n slim plan om Tienie in die lug te laat opstyg. Maar ongeag hoe hard hy probeer, niks wil werk nie. Hy vertel vir meneer Stasiemeester hoe mismoedig hy is, en die man bedink ‘n plan. Hy reël dat Tienie vuurpyle kan vervoer na die lanseerterrein. Nou is Tienie gelukkig.